Feeds:
Bydraes
Kommentare

Archive for the ‘Nuus/News’ Category

beeld/2012/10/26/

Dolf stoei goud los vir rugby

Aletta Otto

Dolf Rossouw (13) van Middelburg het ’n goue medalje op die Suid-Afrikaanse vrystyl-stoeikampioenskap vir juniors verwerf.
Dolf is ’n leerling aan die ­Laerskool Staatspresident C.R. Swart.
Die kampioenskap is onlangs in Polokwane aangebied.
Dolf het vroeër vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Grieks-Romeinse stoeikampioenskap deelgeneem en ook goud verwerf.
Hy is die afgelope drie jaar lid van die Mpumalanga-span.
Sy pa, Steyn, het hom aangemoedig om die sport te beoefen.
“Hy het gesê dit is om my sterk te maak vir rugby en die meeste van my pa se neefs was Springbok-stoeiers. My ma, ­Theresa, glo weer dis die beste sport vir dissipline,” vertel Dolf.
Hy sê die sport is vir hom lekker omdat dit harde werk vereis het en hy begin nou die vrugte pluk.
“Ek glo enige sport verryk jou lewe; nie net met fisieke krag nie, maar ook op emosionele vlak. Ek moes eers leer verloor voordat ek kon leer wen. My pa is my rolmodel,” sê hy.
Sy droom is om ook nasionale kleure te verwerf en Suid-Afrika op die Olimpiese Spele te verteenwoordig.
Dolf speel ook baie goed rugby en beskryf dit as “sy lewe”.
Hy was die afgelope twee jaar in onderskeidelik die o.12- en die o.13-rugbyspan van die Pumas. Hy was vanjaar die enigste o.13-speler wat gekies is om aan die Powerade Man of the Match-reeks by Grey College deel te neem.
“Ek was ook in die Mpumalanga-atletiekspan, wat aan die begin van die jaar in Durban deelgeneem het. Ek beoefen atletiek en landloop en speel hokkie vir my skool se eerste spanne,” sê hy.
Sy stokperdjies sluit jag en visvang in en hy versamel messe.
Sy leuse in die lewe is: “Harde werk maak kampioene en nie goue medaljes nie.”
Dolf Rossouw van Middelburg pronk met sy goue medalje op die Suid-Afrikaanse jeugstoeikampioenskap, wat in Polokwane gehou is.

 

18 October 2012 LookLocalMiddelburg

Gebreekte neus keer Ruben nie

Dolf jou doring! Dié bul van Laerskool C.R. Swart het sy tweede SA-stoeititel (eers Grieks/Romeins, nou vrystyl) ingepalm.

middelburgstoei2012_11

Johann Gresse

Sewe stoeiers en twee beamptes van Middelburg Stoeiklub het aan die SA Jeug Stoeikampioenskap in Polokwane deelgeneem.

Ongeveer 350 stoeiers het mekaar op ses matte aangevat. In sommige gewigsafdelings was daar tot 19 stoeiers wat sake uitgespook het.

Die klub het uitstekend gevaar:

Ruben Roodt het – ten spyte van ’n gebreekte neus in sy eerste kragmeting – ’n brons medalje verower.

In die proses het hy met vorige SA-kampioene afgereken.

Neldi Louw het ’n silwer medalje verower.

Anzelle Davel het as 12-jarige amok onder veel ouer teenstanders gemaak.
Dogterstoeiers kompeteer in gewigklasse en nie volgens ouderdom nie.

Anzelle het vierde geëindig, selfs al het sy teen stoeiers so oud as 23 kragte gemeet.

“Ons is voorwaar trots op elke stoeier van ons klub wat Middelburg se naam só hoog gehou het. Ons is sowaar weer die klub wat goud, silwer en brons huis toe kan bring!” het die klub se Kobus Davel gesê.

“Ons wil ook elke afrigter en mede-stoeimaat bedank vir hul harde werk en opoffering met die voorbereiding vir die SA’s.”

Uitslae:
Dolf Rossouw: goud
Neldi Louw: silwer
Ruben Roodt: brons
Anzelle Davel: vierde plek
Dohan Davel: vyfde plek
Rayn Viljoen: agtste plek
JP Louw: Nie geplaas nie.

 

 

Read Full Post »

Wrestling results for june till September

Stoei uitslae van junie tot september

Winter Ope 16-06-2012

Kadette en senior kampioenskappe 30-06-2012

Nico Visser 21-07-2012

Johnnie Reitz  04-08-2012

Noord Gauteng Jeug 08-09-2012

S.A.Streek 22-09-2012

S.A.Presidente 05/06-10-2012

Read Full Post »

volksblad/2012/08/09

Oudstoeier wat goud wen, sterf in sy slaap
Gerhard Pretorius
PRETORIA. – Een van Suid-Afrika se bekendste Springbok-stoeiers is op 83-jarige ouderdom in sy slaap dood.
Oudgenl.maj Manie van Zyl is volgens sy broerskind, Tom van Zyl, Sondagnag op sy plaas naby Vaalwater in Limpopo in sy slaap dood.
Van Zyl was die kaptein van die Springbok-stoeispan wat in 1960 aan die Olimpiese spele in Rome, Italië, deelgeneem het.
Volgens Lappe Laubscher, ’n sporthistorikus, was Van Zyl een van die groot legendes in stoeikringe.
Laubscher het gesê Van Zyl, ’n ligswaargewigstoeier, was die eerste stoeier van Suid-Afrika wat agtereenvolgende goue medaljes op die Statebondspele in 1954 en 1958 verower het.
Hy was ook in die legendariese Springbokspan van ses stoeiers wat op dié Spele in 1954 in Vancouver, Kanada, ses goue medaljes huis toe gebring het.
“Ek het Manie persoonlik geken en groot bewondering vir hom gehad.
“Hy het ongelooflik hard geoefen en ek dink ’n mens kry nie meer sulke stoeiers vandag nie.
“Solank daar stoei in dié land is, sal die legende van Manie van Zyl voortleef,” het Laubscher gesê.
“Ons het ’n groot deel van Suid Afrika se sportgeskiedenis verloor.”
Gert Potgieter, die oud-Olimpiese hekkiesatleet wat saam met Van Zyl aan die Olimpiese Spele in 1956 in Melbourne, Australië, deelgeneem het, het gesê sy dood is ’n groot verlies vir stoei in Suid-Afrika.
“Hy was ’n fiksheidsfanatikus wat ongelooflike lojaliteit en integriteit gehad het,” het Potgieter gesê.
Van Zyl het gesê sy oom was ’n wonderlike mens wat lojaal was aan sy familie, vriende en sy sport.
Hy het gesê sy oom het in die 1980’s uit die polisie getree en naby Vaalwater met beeste begin boer.
Hy is lewenslange erelid van die SA Stoeifederasie en sy naam is ook vanweë sy sportprestasies in die Suid-Afrikaanse sportroemsaal in Port Elizabeth verewig.
Hy laat sy vrou, Lief (78), vier kinders en sewe kleinkinders agter.
Van Zyl se begrafnisdiens sal vroeg volgende week in die NG kerk Vaalwater gehou word.

maj Manie van Zyl
Die oud-Springbok stoeier Manie van Zyl (83), wat Sondagnag in sy slaap dood is.

Read Full Post »

For those that are interested in a live feed from the olympic games ….especially wrestling here is a link

I don’t know if it’s available in all countries , It sure is in europe.

Vir die wat belang stel hier is ‘n link naar ‘n ‘live feed’ van die olympiese spele in London

Ek weet nie of dit mens dit ooral kan sien nie , dis wys in europa en die kwaliteit is goed beter as vier jaar terug in Beijing

Ek weet ook nie hoe ‘n mens ‘live feed’ in afrikaans vertaal nie , misskien lewendige stroom maar dit klink nie reg nie…Enige idee ??

 

 

Read Full Post »

 

Gids vir die stoei op die olympiese spele in Londen 2012

 

Guide about wrestling in the London 2012 olympic games

Read Full Post »

Ek kon dit nie help , die foto moes ek ‘pos’


Sebastiaan ( blou ) O1/O8 en Lucas ( meer bruin as rooi) O3/O10
Die skeidsregter moes ‘n paar keer ingryp vir ontoelaatbare grepe

Read Full Post »

Sorry nog geen resultate nie en dit sal nog ‘n rukkie vat maar hier is ‘n link naar foto’s

Read Full Post »

Hier  is die Stoeikalender van SAWF vir 2012
Here is the 2012 Wrestling Calendar from SAWF

 

Calendar 2012

Read Full Post »

2011 in review

The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2011 annual report for this blog.

 

Here’s an excerpt:

A New York City subway train holds 1,200 people. This blog was viewed about 4,900 times in 2011. If it were a NYC subway train, it would take about 4 trips to carry that many people.

 

Read Full Post »

Amper alle stoei uitslae vir die jaar 2011 is gegroepeer in ‘n excel blad in die Uitslae tabblad

Nearly all wwrestling results are grouped in an excel sheet in the Results page

Wrestling year is drawing to a close and most cluks will have  their annual price giving

Die stoei jaar het tot ‘n einde gekom en meeste klubs sal hulle jaarlykse afsluiting hê

Read Full Post »

« Newer Posts - Older Posts »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 271 other followers

%d bloggers like this: