Feeds:
Artikels
Kommentare

Archive for the ‘Plaaslik/Local’ Category

Uit die vryheid Herald van 18-04-2914

Uitstekende stoei uitslae

Vryheid Stoei Akademie is trots op hulle stoeiers wat puik uitslae behaal het.

Elaine Rodway | 18 April 2014 10:00

 

BAIE GELUK aan die Vryheid Stoeiers wat die naweek van 12 April die volgende uitslae behaal:

Hendrik Lens (Brons); Dirk Grobler (Goud); Janus Pretorius (Goud); Rowen Badenhorst (Silwer); Pierre Grobler (Goud) en Ruhan Davel (LTDP medalje).

Die onderskeie stoeiers het hulle baie goed van hulle taak gekwyt aangesien dit maar die tweede toernooi is waar Grieks-Romeinse styl gestoei word.

Vryheid Stoei Akademie wil ook net graag die volgende instansies bedank wat dit vir die klub moontlik gemaak het om die toernooi aan te bied: Lucas Meyer Skool vir die gebruik van die skoolsaal; JMR vir ‘n fotostaatmasjien en papier en Cash and Carry Liquors vir die twee staalbaddens en ys.

Indien daar enige belangstellendes is, kontak asseblief Juan Badenhorst op 084 247 4702.

Alle stoeiers vanaf vyf jaar ouderdom is welkom.

Read Full Post »

Uit die webblad van laerskool helderkruin

Robert_Klinkenberg

 

Robert Klinkenberg Gr 2, is ’n man wat kan vasvat en sy man kan staan.  Op 12 Oktober verower hy ’n silwermedalje by die Sentraal-Gauteng Stoei Klubkampioenskappe.  Hy gaan in 2014 deelneem aan die Streekskompetisie (dit was voorheen bekend as die provinsiale kampioenskap).   Robert stoei in die 32 kg gewigsklas, maar die tipiese 8-jarige,  wat besig en bedrywig is, het ’n gunsteling TV-program, wat natuurlik WWE is, vandaar sy belangstelling in stoei.  Hy speel ook tennis en het hierdie jaar by die skool begin hokkie speel.

Ons wens Robert alles van die beste toe met sy voorbereiding vir 2014.  Ons hoop jy “stoei” jou pad oop.

Stoei Xander

Xander het hierdiejaar ‘n “drie-kuns” behaal op SA vlak.  Hy het in 3 verskillendeStoei-style deelgeneemdeur die jaar en het in al 3 style Goud (SA Kleure) gekry.

Die 1ste SA’s was op 27 April in Kaapstad.  Hier het hy in die Grieks-Romeinsestylgekompeteer.  Hierdiestylbepaaldatstoeiersslegs met die “bolyf” mag stoei.  Stoeiers mag nieaan die openente se bene of onderhulleheuperaaknie.  Hierdie is ‘n baie “harde” kompetisie en dus mag slegsstoeiersvanaf 0/13 jaar en oueraanhierdiekampioenskapdeelneem.  Hierdie is Xander se 1ste jaar as 0/13, en hy sal volgende jaar weer as 0/13 kan deelneem.

Die 2de SA’s was op 29 Junie in Kemptonpark.  Hier het hy in die Presidentestyl gekompeteer.  Hierdie styl bepaal dat stoeiers wat in dieselfde gewigsklas weeg, teen mekaar stoei, sonder inagneming van ouderdom.

Die 3de SA’s was op 6 Oktober in Pietersburg.  Hier het hy in die Jeugstylgekompeteer.  Hierdie styl bepaal dat stoeiers in dieselfde ouderdomsowel as gewigsklas moet wees, om teen mekaar te kan deelneem.

Dit is die 1ste keer wat Xander aan 3 SA’s mag deelneem, en dus was dit ‘n baie geseënde jaar vir hom, om in al 3 as kampioen te kon deurdruk.

 

Xander Coetzee ‘n Gr 6 leerder by Laerskool Helderkruin ontvang sy Suid Afrikaanse Jeug Kleure (Presidente) vir stoei. Hy was S.A. Kampioen tydens die S.A. Jeug Vrystyl  President LL Kampioenskappe wat op 29 Junie 2012 plaasgevind het, te Barnard Binnehuis Sport Saal – Kempton Park.

 

Read Full Post »

From the Brakpan Herald

 

Brakpan Wrestling Club recently held their year-end function and rewarded their wrestlers for their hard work and dedication during the year

47hlwres_533547876

Brakpan Wrestling Club’s JP Buys cleaned up at the club’s recent prize-giving. He is seen here with all his awards.

A number of wrestlers stood out during 2013, but it was JP Buys who stood out the most and who took home the most awards.

He was named Cadet Wrester of the year, and Best Approved Junior Wrestler of 2013.

He also took away the Double SA Championship, Most Motivated Wrester of the Year and the award of the evening, Sportsman of the Year for 2013.

Buys’s achievements for the year include receiving Eastern Gauteng colours four times, three South African Championship titles, as well as one second place at a South African Championship.

He was also awarded his national cadet colours for representing the country in two tours, one to the USA and the highlight of his career, so far, wrestling at the World Cadet Championships.

Two of the club’s founding members, Piet Smit and Ben de Bruin, were the honoured guests at the function and they presented the club’s Springbok coach, Nic van der Westhuizen, with the Life Long Honorary Member award.

47hlwres2_575894956

Nic van der Westhuizen (middle) receives his Life Long Honorary Member award from Brakpan Wrestling Club’s founding members, Ben de Bruin (left) and Piet Smit.

Read Full Post »

From the Brakpan Herald

 

Brakpan Wrestling Club had seven youth wrestlers and one junior wrestler who participated in the South Africa Junior and Youth Championships, in Bloemfontein, on September 27 and 28.

41hlwres_571816752

Matthew Bartlett, from Brakpan Wrestling Club, in his final in the u-15 50kg to 54kg division, at the South Africa Junior and Youth Championships, in Bloemfontein.

The youth team consists of u-13 and u-15 school boys who qualified for the events and who were picked by the Eastern Gauteng Wrestling Federation to participate in Bloemfontein.

These wrestlers are KC van Baalen, Ruben van den Berg, Ondrej Dvoulety, Brandon Pienaar, Shaun Emmenis, Michael Amiras and Matthew Bartlett.

The competition at the championships was extremely tough and Brakpan Wrestling Club managed to bring home only two medals.

Pienaar won a silver medal in the u-13 59kg to 63kg category, while Bartlett took his fourth consecutive youth medal, when he won the u-15 50kg to 54kg category.

This put Bartlett in contention to win a prestigious and coveted fifth consecutive Youth SA title, next year, in his final year as a youth wrestler.

This is a goal and milestone that not many South African wrestlers ever reach.

Martin Erasmus was Brakpan Wrestling Club’s only hope in the Junior Championship and, once again, he did not disappoint.

Erasmus managed to win an astonishing 19th career SA Championship medal when he took gold in the Junior 84kg to 96kg division.

As the season draws to a close, the club has only a few activities left for 2013, one of which is the Commonwealth Wrestling Championships that will be held in Kempton Park, from December 4 to 8.

The club will be practising during the holiday season, to prepare the wrestlers for a very busy 2014.

Read Full Post »

beeld/2012/10/12/

Stoeimat haar koninkryk Arisja Misselhorn
Leanco Stans (14) van Bethal is mooi genoeg om modelwerk te doen, maar sy is geen prikkelpoppie nie.
Hoewel sy van mooi klere hou, is haar stoeipak waarskynlik die uitrusting wat sy die meeste dra.
Op die stoeimat word haar lang hare in netjiese Franse vlegsels uit haar gesig gehou en is Leanco net op haar teenstander gefokus. Haar krag het al menige seun verbaas.
Dié gr. 9-leerling aan die Hoërskool Hoogenhout is een van die land se beste vrouestoeiers en sy het vanjaar die Afrika-kampioenskap in Madagaskar in haar gewigsafdeling gewen.
Leanco, of Lallie soos almal haar noem, het ook die afgelope naweek die titel as Suid-Afrikaanse kampioen ingepalm op die Suid-Afrikaanse jeug-vrystyl-kampioenskap.
Sy het hier met ouer meisies afgereken.
Leanco word eers in Desember 15, maar haar teenstanders is almal geoefende tieners van twee of drie jaar ouer as sy.
“Tans is daar nog net drie ouderdomsgroepe vir meisies om in te stoei: o.11, bo 11 en die junior afdeling wat vir meisies van 18 jaar en ouer is,” vertel sy.
“Ek is egter baie dankbaar vir die ondervinding om teen ouer meisies te stoei,” sê Leanco.
Sy was al voorheen verskeie kere ’n Suid-Afrikaanse kampioen, sy stoei vir die nasionale span en het sedert haar deelname elke jaar haar provinsiale kleure verwerf.
Sy is nie bang vir seerkry nie en gee nie maklik op wanneer sy stoei nie.
Dit is juis hierdie vasberadenheid wat gemaak het dat sy nie lankal opgehou het nie, vertel haar ma, Esmari.
Sy het sowat vyf jaar gelede saam met haar boetie stoeiklub toe gegaan.
Die afrigter, Hansie Kruger, het destyds geweier om haar af te rig, maar Leanco het nie opgegee nie.
“Sy was klokslag elke oefening saam met haar boetie op die stoeimat,” vertel Esmari.
Die afrigter se woorde destyds was: “As ’n meisiekind op my stoeimat stap, stap ek af!”
Leanco se deursettingsvermoë het egter Kruger se weerstand laat verbrokkel en hy is nou ná al die jare steeds by haar afrigting betrokke.
Toe Kruger verlede jaar by ’n klub in Brakpan begin afrig het, is Leanco agterna.
Sy het tot onlangs nog onder die vaandel van Oos-Gauteng gestoei.
Sy en haar broers het onlangs by die Sasol-stoeiklub in Mpumalanga aangesluit nadat Kruger na Nelspruit verhuis het.
Die Stans-huishouding draai ook meestal om stoei. Leanco en haar boeties, Luanco (13), Rico (7) en Wico (6) oefen drie keer per week by die Sasol-stoeiklub op Secunda en daarby oefen Leanco en Luanco ook deur die week saam met die nasionale span in Gauteng.
Saterdae word daar óf geoefen óf aan kompetisies deelgeneem.
Leanco kry slegs kans om teen ander meisies te oefen wanneer sy in Gauteng is, dus moet sy teen seuns oefen wanneer sy klub-oefeninge bywoon.
“Ek gee nie om nie. Dit maak my net sterker,” vertel sy.
Leanco wil eendag aan die Olimpiese Spele deelneem en sy wil ook ’n veearts word.

LeancoStans_Beeld
Foto: johan Rosslee

Read Full Post »

dieburger/2012/12/14

Olimpiese Spele wink vir Villet
KAAPSTAD. – Charles Villet (48) het pas Suid-Afrika se heel eerste stoeiskeidsregter geword wat ’n Olimpiese gradering ontvang het.
Die internasionale federasie vir verwante stoeistyle (Fila) – die internasionale beheerliggaam – het hom onlangs die goeie nuus meegedeel.
“Ek vier dit nou nog. Dit sink nog by my in. Selfs as my vriende bel, sê hulle hulle kan dit nie glo nie,” het Villet, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Stoei­skeidsregtersraad vir 2013-’14, gesê.
Hy is nou een van net 62 skeidsregters ter wêreld in die Olimpiese kategorie.
Villet is al jare lank skeidsregter en het as tiener self gestoei. Hy is altesaam 41 jaar lank al by stoei betrokke.
Indien Villet nog tot 2016 sy gradering behou, kan hy in Rio de Janeiro, Brasilië, by die volgende Olimpiese Spele as skeidsregter optree.
“Dit is waarna ’n ou mik. Ek moet nou my gradering behou.” – Richard Roberts
Charles Villet

Read Full Post »

beeld/2012/10/26/

Dolf stoei goud los vir rugby

Aletta Otto

Dolf Rossouw (13) van Middelburg het ’n goue medalje op die Suid-Afrikaanse vrystyl-stoeikampioenskap vir juniors verwerf.
Dolf is ’n leerling aan die ­Laerskool Staatspresident C.R. Swart.
Die kampioenskap is onlangs in Polokwane aangebied.
Dolf het vroeër vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Grieks-Romeinse stoeikampioenskap deelgeneem en ook goud verwerf.
Hy is die afgelope drie jaar lid van die Mpumalanga-span.
Sy pa, Steyn, het hom aangemoedig om die sport te beoefen.
“Hy het gesê dit is om my sterk te maak vir rugby en die meeste van my pa se neefs was Springbok-stoeiers. My ma, ­Theresa, glo weer dis die beste sport vir dissipline,” vertel Dolf.
Hy sê die sport is vir hom lekker omdat dit harde werk vereis het en hy begin nou die vrugte pluk.
“Ek glo enige sport verryk jou lewe; nie net met fisieke krag nie, maar ook op emosionele vlak. Ek moes eers leer verloor voordat ek kon leer wen. My pa is my rolmodel,” sê hy.
Sy droom is om ook nasionale kleure te verwerf en Suid-Afrika op die Olimpiese Spele te verteenwoordig.
Dolf speel ook baie goed rugby en beskryf dit as “sy lewe”.
Hy was die afgelope twee jaar in onderskeidelik die o.12- en die o.13-rugbyspan van die Pumas. Hy was vanjaar die enigste o.13-speler wat gekies is om aan die Powerade Man of the Match-reeks by Grey College deel te neem.
“Ek was ook in die Mpumalanga-atletiekspan, wat aan die begin van die jaar in Durban deelgeneem het. Ek beoefen atletiek en landloop en speel hokkie vir my skool se eerste spanne,” sê hy.
Sy stokperdjies sluit jag en visvang in en hy versamel messe.
Sy leuse in die lewe is: “Harde werk maak kampioene en nie goue medaljes nie.”
Dolf Rossouw van Middelburg pronk met sy goue medalje op die Suid-Afrikaanse jeugstoeikampioenskap, wat in Polokwane gehou is.

 

18 October 2012 LookLocalMiddelburg

Gebreekte neus keer Ruben nie

Dolf jou doring! Dié bul van Laerskool C.R. Swart het sy tweede SA-stoeititel (eers Grieks/Romeins, nou vrystyl) ingepalm.

middelburgstoei2012_11

Johann Gresse

Sewe stoeiers en twee beamptes van Middelburg Stoeiklub het aan die SA Jeug Stoeikampioenskap in Polokwane deelgeneem.

Ongeveer 350 stoeiers het mekaar op ses matte aangevat. In sommige gewigsafdelings was daar tot 19 stoeiers wat sake uitgespook het.

Die klub het uitstekend gevaar:

Ruben Roodt het – ten spyte van ’n gebreekte neus in sy eerste kragmeting – ’n brons medalje verower.

In die proses het hy met vorige SA-kampioene afgereken.

Neldi Louw het ’n silwer medalje verower.

Anzelle Davel het as 12-jarige amok onder veel ouer teenstanders gemaak.
Dogterstoeiers kompeteer in gewigklasse en nie volgens ouderdom nie.

Anzelle het vierde geëindig, selfs al het sy teen stoeiers so oud as 23 kragte gemeet.

“Ons is voorwaar trots op elke stoeier van ons klub wat Middelburg se naam só hoog gehou het. Ons is sowaar weer die klub wat goud, silwer en brons huis toe kan bring!” het die klub se Kobus Davel gesê.

“Ons wil ook elke afrigter en mede-stoeimaat bedank vir hul harde werk en opoffering met die voorbereiding vir die SA’s.”

Uitslae:
Dolf Rossouw: goud
Neldi Louw: silwer
Ruben Roodt: brons
Anzelle Davel: vierde plek
Dohan Davel: vyfde plek
Rayn Viljoen: agtste plek
JP Louw: Nie geplaas nie.

 

 

Read Full Post »

Ek kon dit nie help , die foto moes ek ‘pos’


Sebastiaan ( blou ) O1/O8 en Lucas ( meer bruin as rooi) O3/O10
Die skeidsregter moes ‘n paar keer ingryp vir ontoelaatbare grepe

Read Full Post »

The East Rand can wrestle!

The Eastern Gauteng Wrestling Association proved that it has the talent to back the training it provides to the youth and seniors on the wrestling mat.

24 October 2011 | Erneest Wolmarans for looklocal.co.za

The Eastern Gauteng Wrestling Association pinned more than just their hopes at the SA Youth, Cadet, Junior and Senior Championships recently, securing no less than 48 medals over the three-day competition.

Held at Wembley Stadium in Johannesburg between October 6 and 8, the event attracted around 800 wrestlers from around the country, as well as a strong invitational team from Namibia.

Eastern Gauteng’s U/8 and U/11 wrestlers were in among the medals, winning the floating trophy for overall victory in their respective categories, despite strong opposition from Northern Gauteng.

Brakpan Wrestling Club (BWC) featured prominently at the event – member and Laerskool PAM Brink pupil Fernando Booysen claiming two national titles in the U/9 age group, with Nigel’s Xain Schoeman adding to his teams’ noteworthy success.

The club managed 11 medals in total; including four gold, two silver and five bronze; against some of the best competition in the country.

Boksburg Wrestling Club kept the Ekurhuleni flame burning brightly, claiming 13 medals with Alberton Wrestling Club bagging no less than 10 medals.

Easterns’ senior wrestlers also proved their mettle, bringing home the senior floating trophy for victory in this year’s competition.

The Eastern Gauteng U/8 wrestling team with the floating trophy that the team won at the SA Youth, Cadet, Junior and Senior Championships. .

Read Full Post »

Na ietwat van ‘n tekort aan goue medaljes verlede jaar het die Tuks Stoei Akademie dié jaar besluit om ‘n blaadjie uit die boek van die Amerikaanse President te neem.  Met ‘n “yes, we can” aanslag het hulle weggestap met nie minder nie as 22 medaljes in die geheel, waarvan tien (10) goud, ses (6) silver en ses (6) brons was.  Twee van die goue medaljes was ook gewen deur twee van ons stoeiers van die skoner geslag, Zumicke Geringe en Nikki Kriel. 

 

Tuks Stoei Akademie het 45 ingekrewe stoeiers gehad wat Noord-Gauteng Provinsie by die 2011 Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verteenwoordig het – die meeste van al die Noord-Gauteng klubs!  Dit het in die Wembly Arena in Johannesburg plaasgevind van 6 – 8 Oktober 2011.  Daar is in meer as 30 kategorieë meegeding om aangewys te word as die Suid Afrikaanse Vrystyl kampioen – asook vir die silver en brons medaljes – nie eens te praat van persoonlike oorwinnings nie.  

 

Noord-Gauteng het baie goed gevaar en die volgende trofees verower:
Meeste Punte Seniors volgens Nominasie;
Algehele punte alle Kampioenskappe;

Vrystyl Algeheel;
Senior Mans;

Kadet Mans;

SA Jeug 0/15;

SA Jeug 0/13;

SA Jeug 0/10;

SA Jeug 0/9.

Goud

Silver

Brons

4e

Wernich van Dyk

Arnold v Nieuwkoop

Leon Myburgh

Arno v Zijl

Zandre Labuschagne

Ulrich Mouton

Berno vd Westhuizen

AJ Kriel

Raynard de Wet

Alex Stenos

Alex Bornman

Ulrich Benadie

Josua Botha

Marnus Linde

Ockie Pienaar

Martin Els

Dylan Marais

Ruan Botha

Jacques Grobler

Ruben Smit

Xander Coetzee

Zumicke Geringer

Zulu Shongwe

Ruann Kruger

Nikkie Kriel

Zumicke Geringer

Elandre Beukes

Etienne van Huysteen

Tuks Akademie is baie trots op al sy stoeiers wat hulle so goed van hulle taak gekwyt het.  Al is nie almal met ‘n medalje beloon nie, het ieder en ‘n elk sy beste gelewer.  Volgende jaar gaan die aanslag wees: “yes, we can do better”.

 Laastens, wil ons almal bedank vir hul volgehoue ondersteuning regdeur die jaar.  Aan die ouers: Dankie dat die kinders betyds en gereeld by die oefening opgedaag het en dat julle ook jul deel gedoen het om hulle te motiveer.  Vir die afrigters en beamptes en ander wat ondersteunende rolle gespeel het, ons weet julle verdien almal trippel goud vir julle opoffering.

 Dit is nie individue wat ons klub so spesiaal maak nie, maar die bydrae en gesindheid van almal betrokke.

 Aan al die stoeiers: Ons is trots op julle.  Julle het julle beste gelewer – nie net tydens die kampioenskappe nie, maar ook regdeur die jaar.  Met so ‘n span kan mens ver kom. 

 Onthou – stoei is ‘n sportsoort wat die kind in sy geheel opbou.  Ons wil in 2012 voortbou op ons puik prestasie en hoop dat almal weer volgende jaar sal deelneem.

Ester van Dyk

Read Full Post »

Older Posts »